﻿<html dir="ltr"><head></head><body dir="ltr"><b><font color="white"><u>Kompaskalibrasie:</u></font></b>
<br /><br />Dit is belangrik om seker te maak die toestel se kompas gekalibreer is.  Druk Menu en kies <font color="white">Kompaskalibrasie</font> om te kalibreer.
<br /><br /><b><font color="white"><u>Kies van &#39;n posisie:</u></font></b>
<br /><br />Kies &#39;n posisie bron deur op die posisie-ikoon in die boonste linker hoek van die koppelvlak te tik.  Gebruik die volgende Menu keuses:

<br /><br />       <b><font color="white">Gebruik Huidige posisie</font></b> - Verkry &#39;n vasstelling van jou huidige posisie deur middel van beide Netwerk-en GPS-bronne, indien beskikbaar en geaktiveer.  Dit sal die vinnigste vasstelling kan kry en batterykrag spaar. Sodra dit &#39;n vasstelling verkry, sal ophou om die GPS/Netwerk radios te gebruik Skakel &quot;Vinnige Posisievastelling&quot; AF ten einde &#39;n meer akkurate, maar stadiger vasstelling te kry.
<br /><br />       <b><font color="white">Soek</font></b> - Gebruik &#39;n Geo-kodeerder om die naaste posisie wat ooreenstem met jou navraag te vind.  Sal die beste werk met spesifieke adresse.
<br /><br />       <b><font color="white">Tik Koordinate</font></b> - Gee koördinate in DDD formaat (bv. 40.475545 -79,930188 wat &#39;n posisie in Noord-Amerika is)
<br /><br />       <b><font color="white">Maak gestoorde posisies oop/Stoor hierdie posisie</font></b> - Fasiliteit om posisies te stoor en voorheen gestoorde posisieste laai
<br /><br /><b><font color="white"><u>Lees die Kompasoorleglaag:</u></font></b>
<br /><br />       <font color="white">Groen Pen (3D Kompaskaart)</font> - verteenwoordig jou posisie in verhouding tot die ander elemente
<br /><br />       <font color="white">Groen vierkant (OR Kamera)</font> - verteenwoordig die teikenrigting en -hoogte
<br /><br />       <font color="white">Gekleurde lyne</font> - die hoeke van verskillende Son and Maan gebeurtenisse
<br /><br />       <font color="white">Geel Sonsopkoms na Sonsondergang Boog</font> - &#39;n visuele voorstelling van die dag se lengte
<br /><br />       <font color="white">Rigtingteks [xxx ° mag/ware: (yy °)]</font> - die rigting waarin die toestel wys; mag/ware wat aandui dat asimut waardes uitgedruk word relatief tot magnetiese of ware noord; (yy °) is die magnetiese deklinasie
<br /><br />       <font color="white">Baanuurteks [xx h]</font> - die uur wanneer die son of die maan op daardie plek op die son- of die maanbaan sal wees
<br /><br /><b><font color="white"><u>Verstaan die Legende:</u></font></b>
<br /><br />       <font color="white">[Xxx]</font> - Item/gebeurtenisnaam
<br />       <font color="white">[Xx: xx nm]</font> - Gebeurtenistyd (vir die opkoms/ondergang)
<br />       <font color="white">[Xxx °]</font> - Asimut (rigting vanaf Noord)
<br />       <font color="white">[Xxx °]</font> - Hoogte hoek (indien van toepassing; 0 ° is die horison, 90 ° is direk oorhoofs)
<br />       <font color="white">[Xx.x: 1]</font> - Son-Skaduverhouding (Skadulengte eweredig tot hoogte; 0 wanneer Son direk oorhoofs of onder die horison is, word langer soos die die son nader aan die horison beweeg)
<br />       <font color="white">[Xx% +]</font> - Maanverligting persentasie, &quot;+&quot; = Groeiend, &quot;-&quot; = Afgaande
<br /><br />       <b><font color="white">Tik die legende</font></b> om items by Kompasooleglaag te voeg of te verwyder.
<br /><br /><b><font color="white"><u>Tydmasjienglyskaal:</u></font></b>
<br /><br />       - Die Glyskaal is Sun Surveyor se hoof punt van interaksie.
<br />       - Stel die Glyskaal op een dag, een uur, of een jaar met behulp van die knoppie aan die linkerkant.
<br />       - Skuif dit om die tyd aan te pas binne die geselekteerde span en kyk hoe die Son en Maan items oor die hele span beweeg.
<br /><br /><b><font color="white"><u>Aflyn gebruik:</u></font></b>
<br /><br />       <b><font color="white">Sun Surveyor</font></b> kan aflyn in die 3D-Kompas, Kamera en Besonderhede Modules  gebruik word - as jy die koördinate (Latitude, Longitude en opsionele Hoogte) van jou gekose posisie weet, gaan na die  <font color="white">Ligging</font> menu, kies <font color="white">Verskaf Koördinate</font> om die koördinate in te voer
 en alle berekeninge en voorspellings sal uitgevoer word, geen data verbinding of GPS word vereis nie.
<br /><br />       Alternatiewelik, stoor posisies vooraf en maak dit vanuit die Ligging menu oop wanneer dit nodig word - die meeste berekenings sal geskik wees binne &#39;n redelike nabyheid van &#39;n bepaalde stad of streek.
<br /><br /><b><font color="white"><u>Ander Wenke:</u></font></b>
<br /><br /><font color="white">Daar is baie interessante dinge om te doen met hierdie toepassing.  </font><font color="white">Hier is &#39;n paar idees:</font>
<!--
<br /><br /><b><font color="white">Stuur Besonderhede, Skermkopieë:</font></b>
<br /><br />       - Druk Menu, dan Stuur Besonderhede om Posisie besonderhede via e-pos, SMS, ens, te stuur
<br /><br />       - Druk Menu, dan Stuur Besonderhede &amp; Skermkopie (AR Kamera, Kaart, Kompasmodules) om &#39;n kopie van die skerm en posisiebesonderhede via e-pos te stuur
-->
<br /><br /><b><font color="white">Tydsone Opsporing:</font></b>
<br /><br />       - Plaaslik: gebruik die tydsone van die netwerk. Aanbeveel vir waar daar netwerkdiens beskikbaar is
<br /><br />       - Auto-opsporing: gebruik &#39;n interne databasis (geen netwerkoproepe) om te probeer om die tydsone vir die geselekteerde posisie te bepaal.  Nuttig vir Kaartsig.  E-pos my asseblief met enige kwessies aangesien hierdie metode nie 100% akkuraat naby sekere grense mag wees nie.
<br /><br />       - Handmatig: Kies uit &#39;n lys van tydsones van regoor die wêreld
<br /><br /><b><font color="white">3D Kompas &amp; OR Kamera modules:</font></b>
<br /><br />       - Knyp om in en uit te Zoom en die besigtingsgebied te verander 
<br /><br />       - Kies &quot;Een Jaar&quot; as die glyknoppiespan, en skuif die glybalk om die Sonsopkoms en Sonsondergang hoeke verandering waar te neem - vind so die perfekte dag fotografie!
<br /><br />       - Met &quot;Een Jaar&quot; as die glybalkspan, stel die tyd iewers na Sonsondergang, en beweeg die glybalk om &#39;n datum in die jaar te vind wanneer die maan se baan laag in die lug is en in &#39;n gewenste fase vir komposisies wat die maan insluit
<br /><br /><b><font color="white">OR Kameramodule:</font></b>
<br /><br />       - LET WEL: Die toestel se kompas is nie &#39;n presisie-instrument nie, daar kan sensorafwyking wees sodat rigitng en elevasie &#39;n paar grade verkeerd mag wees
<br /><br />       - Rig die groen sirkel na &#39;n posisie en skuif die glybalk om te bepaal wanneer die Son of die Maan in daardie posisie sal wees
<br /><br />       - Beweeg die toestel rond om die Son en Maanbane deur hemelruim en langs die horison te volg
<br /><br />       - Vir die beste resultate wanneer jy &#39;n algehele baan bekyk, bevestig kritieke punte met behulp van die groen sirkel
<br /><br /><b><font color="white">Kaartmodule:</font></b>
<br /><br />       - Verskuiwing die kaart sal gebruik maak van die posisie in die middel van die kaart
<br /><br />       - Stoor jou gunsteling posisies en ikone vir hulle sal op die kaart verskyn - kliek sal hulle kies
<br /><br />       - Zoem al die pad uit en beweeg op die kaart rond om die verandering in daglengte en die Son en die Maanbane op interessante dele van die wêreld waar te neem, soos naby die ewenaar en die Noord-en Suidpool
<br /><br />       - Kies &#39;n interessante posisie in die Kaartmodule, en skakel oor na die 3D Kompasmodule om &#39;n 3D-perspektief van die Son en die Maan op daardie posisie te kry
<br /><br /><font color="white">Let wel:</font> Alle waardes en berekenings is benaderd en kan nie gewaarborg word om 100% akkuraat te wees nie.   Mobile-apparaat kompasse is nie altyd akkuraat en betroubaar nie, en hou dit in gedagte tydens kritiese gebruik.
</body></html>